Tuis > Sport > Skyfskiet

Skyfskiet

E-pos Afdruk PDF
Gebruiker Beoordeling: / 3
SlegsteBeste 

 

SKYFSKIET PRESTASIES


Skytfskiet  het  alreeds  in die .22  jare geweldige  prestasies opgelewer. Menige provinsiale  skuts het al
op  H/S Jeugland  se skietlys  verskyn, maar in  1999 behaal  Marie-Louise Odendaal  Junior  Springbok
kleure  in hierdie  besondere  sportsoort.
In 2003  moes skyfskiet  oorskakel na n nuwe uitdaging,die lug-geweer. In die  begin was  dit maar harde bene  kou,
maar Jeugland het sommer vroeg sy staal gewys toe ons  alreeds in  2003, drie provinsiale  skuts aan  OGSSU kon  lewer.
Hierdie vername deurbraak het tot n  geweldige  aansporing  gelei vir  opkomende  luggeweer  skuts.
In  2004  behaal  5  skuts  provinsiale kleure, 2005  weer 5, 2006 het  8 skuts opgevolg, 2007  het 10 provinsiale skuts 
plek behaal, 2008 weer 11  skuts en in  2009 weer 10.

Skyfskiet  het van  krag tot  krag ontwikkel  en ons  kan vanjaar  spog met n  internasionale  3p sporter kampioen.
Nog  uitsonderlike  prestasies is  in 2008 behaal  toe n  brons  en silwer  penning vir  luggeweer  skuts toegeken  was.
Jaco Taljaard  en  Marle Taljaard  ontvang  die twee pennings  soos  in  volgorde  genoem.
Andre Du Randt  het  in 2003  alreeds op  nasionale  vlak  presteer toe  hy  by die SA’s n  goue  medalje losgeskiet  het.
In 2004  het Jacobus Willemse  n  brons  skietbalkie verwerf tydens sy SA  deelname.
In 2005  het  Reynhard Marais  ons  eerste  tellings  in  die  presisieklas begin skiet,ook as SAARA skut  deelgeneem
en groot  totale  in  die  10 m  olimpiese  afdeling  geskiet.
Christo Bierman wys in 2006 sy staal tydens die SA’s en skiet n brons  medalje los  in  die  kniel  posisie.
In 2007 ontvang Zanel Sharpley swart SANSSU kleure vir die veerklas  afdeling en skiet n  goue medalje
los in die staan posisie. Jaco Taljaard het n goue medalje tydens die SA  o/16  sporter  afdeling  in  2008
ontvang en Marle Taljaard wat  alreeds  op  laerskool  onder  Jeugland se  vaandel  deelgeneem het, het  in
2007 o/13 3p sporter kampioenskap verwerf en in 2008 twee goue medaljes,een silwer en n insluiting in die
SANSSU span behaal.
In 2009 behaal Marle die hoogste prestasie op SANSSU vlak waar sy in die BJI span ingsluit was om haar land in
Engeland te gaan verteenwoordig. Ook in Engeland skiet sy drie internasionale medaljes los,brons vir n spanpoging,
silwer individueel 3p  junoir dames  en tree  uit as 3p  kampioen skut in die sporter afdeling vir o/21 luggeweer.
Sy mis die rekord wat in 2008 deur Juanita Vlijoen in Engeland opgestel was, met 3 punte. Marle is ook in die
SANSSU span opgeneem wat tydens die SA’s vanaf einde September,begin Oktober, teen die besoekende Britte sal kompeteer.

SKYFSKIET AFRIGTERS AGTERGROND


Mnr.Taljaard het by Goudstad onderwyskollege in 1988 as voorsitter van die .22 pistool skietklub, hierdie
unieke sportsoort begin najaag. Tydens die Transvaalse kompetisies behaal  hy  in  1989  brons kleure op City Deep skietbaan in
Alberton. Mev. Taljaard het op dieselfde kollege se bestuur as  sekretaresse  en  lid van die pistoolskietspan deelgeneem.
Vanaf 1990 tot 2007 dien mnr.Taljaard al op die OGSSU bestuur en ontvang sy 5 en 10 jaar  dienserkerkenning  by  SANSSU. 
In 2008  word  mnr.Taljaard  as  voorsitter  van OGSSU gekies en weer in 2009. Mev.Taljaard is ook op die  OGSSU bestuur  as penningmeester
in  2008  en 2009 aangewys.

 

Waar - Wat - Wanneer

« < September 2010 > »
M T W T F S S
30 31 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 1 2 3

Belangrike Dokumente

Flitsgids

Algemene Inligting
Personeellys
Dissiplinêre Stelsel

Eksterne Skakels

Skakels

Kopiereg © 2010 Hoërskool Jeugland. Alle Regte Voorbehou.