Muurbal
8 Provinsiale Spelers
Vir die afgelope 10 jaar neem Jeugland deel aan die Oostelikes se skole-muurballiga. Sedert ons 10 jaar gelede begin het het die sportsoort gegroei en het ons seuns- en dogterspanne in die liga.
Die seuns het tot op datum elke jaar in die A-liga gespeel aangesien ons elke jaar 'n provinsiale speler in die span het. Die dogters speel in die B-liga.
Sedert ons in 1996 begin het om in die liga te speel, het ons reeds 8 provinsiale spelers opgelewer. In 2003 lewer ons ook ons eerste Suid-Afrikaanse speler op. Reon Bester word dan ook in daardie jaar aangwys as die sportseun van die jaar, op grond van sy muurbalprestasie.
Alhoewel daar nie formele afrigting by die skool is nie, is me Barnard vir die afgelope 10 jaar reeds organiseerder van die muurbal. Die leerders oefen ywerig en spanne word deur
die loop van die jaar aangewys.