JEUGIES WEN PRO20 FINAAL
Agter van lings na regs:
Mnr G de la Hunt (hoof), Surprise Nkosi (Umpire), Louis Aucamp, Hannes Smit, Sampie Oosthuizen, Michiel Mostert, Mnr Neels Poley (afrigter), André Smit, Divan Posthumus, Jurie Snyman, Godfrey Nkosi (Umpire)
Voor van lings na Regs:
Anton Muller, Jan-André van Rooyen, Phillip Havenga (kaptein), Lohann van Zyl (o-kaptein), Henning du Plooy, Zander Muller.
Die 1ste krieketspan van Hoërskool Jeugland het die afgelope seisoen gewys hoekom die Jeugies die beste krieketskool is in die Oos-Rand. Met die Standard Bank PRO20 toernooi besig is om einde se kant toe te staan het die Jeugies in die finaal van die Easterns streek vir CBC Boksburg met 13 lopies geklop. Die jeugies het eerste gekolf en ‘n goeie telling van 156/5 in 20 beurte aangeteken. Lohann van Zyl was die Jeugies se beste kolwer met 71 lopies in 47 balle. Hy is goed ondersteun deur Jurie Snyman met 30 lopies en Phillip Havenga met 23* lopies. Die Jeugies se boulaanval was net te sterk vir die manne van Boksburg. CBC kon slegs 143/4 lopies aanteken in hul 20 beurte. Die Jeugies wen met 13 lopies en is die eerste Standard Bank Pro20 Easterns kampioene. Saam met die titel het die span ‘n bedrag van R30 000.00 vir die skool gewen.
Met net een dag se rus het die Jeugies na Witbank gereis om Hoërskool Middelburg te speel om te bepaal wie vir Menlopark van Pretoria op Supersport Park gaan aanvat in die streek finaal. Die Jeugies het eerste geboul en Middelburg kon ‘n goeie telling van 138/8 aanteken in sy 20 beurte. Divan Posthumus is die bouller wat die laaste paar beurte moes boul toe Middelburg met hul aanslag kom om lopies op die bord te kry. Divan se boulwerk was onspeelbaar en eindig met boulsyfers van 5 paaltjies, 11 lopies, 3 beurte. Lohann van Zyl het weereens die kolfwerk van voor gelei saam Anton Muller. Anton het die boulers na alle grense geslaan tewyl Lohann anderkant aankyk. Lohann eindig op 37 lopies en Anton 66* lopies. Jurie Snyman het sy deel ook opgehou met 17* lopies. Die Jeugies gaan Middelburg se telling verby in 18.1 beurte vir die verlies van 2 paaltjies. Jeugland wen met 8 paaljies.
3 UIT 3 VIR JEUGLAND KRIEKET
Met die krieket Easterns liga wat afgehandel is het die Jeugies hul merk gemaak om met drie ligas dieseisoen te eindig. Nadat die 2de en 3de krieketspanne as wenners aangekondig is van die liga het die o/15A
krieketspan dit ‘n driekuns gemaak. Hulle het teen Kempton in die finaal te staan gekom. Jeugland het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Met te veel spoed van die boulers en draaiboulers wat die bal te veel gedraai het, het die Kempies geen antwoord gehad met die kolf nie. Jeugland het vroeg ‘n deurbraak gemaak en op ‘n gereelde basis die paaljies laat kantel van die Kempies. Kempton kon slegs 111 lopies
aanteken toe hul laaste paaltjie gekantel het. Die Jeugie kolwers het van bal een die aanval van Kempton goed onderhande geneem en die telling met slegs 4 paaljies plat verbygesteek. Jeugland wen die wedstryd
met 6 paaltjies en is gekroon as die 2009 Easterns wenners. Hulle speel verder in die Gunn&Moore reeks teen Noordheuwel.
Easterns Wenners

2de Span Liga Wenners

3de Span Liga Wenners
JEUGLAND KRIEKET LAAT REKORDS SPAT

Agter vlnr: Sampie Oosthuizen, Michiel Mostert, Sarel Myburg (umpire),
Mnr Leon Snyman (afgriter), Erik van Zyl, Julian Smith en Jurrie Snyman
Voor vlnr: Dana Stolz, Reder van Rooyen, Divan Postimus,
Henning du Plooy, Durant Lucas, Wyan Visser en Jurgen Smith
Jeugland se o/15-A krieket het gewys dat daar geen keer aan hulle die seisoen is nie.
Met die afskop van die eerste wedstyd het hulle oor al die ander skole se spanne gestoomroller.
Hul eerste liga teen Oosterlig was geen uitdaging vir die seuns nie.
Jeugland teken 414/7 in 50 beurte aan en die beste kolwers was Jurrie Snyman 240, Sampie Oosthuizen 32 en Henning du Plooy 28. Jeugland boul Oosterlig uit vir slegs 87 lopies. Henning du plooy was die held met die bal met syfers van 5/16. Divan Postumus 3/14 en Erik van Zyl 2/35 het bygestaan met prag boulwerk. Jeugland wen met 327 lopies. Die tweede wedstryd het Jeugland die Kempies aangevat en Jeugland wen met 4 paaltjies. Kempton kolf eerste en kry slegs 148/10. Reder van Rooyen 4/11, Jurrie Snyman 3/41 en Henning du Plooy 2/27 was die uitblinkers met die bal. Jeugland gaan Kempies se telling in die 25 beurt gemaklik verby. Die beste kolwers was Sampie Oosthuizen 45* en Henning du Plooy 32 lopies. EG Jansen was dievolgende span om te lei onder die Jeugies se kolwers. Jeugland teken 363/7 aan en boul die Jansies uit vir slegs 91 lopies. Beste kolwers was Jurrie Snyman 192, Sampie Oosthuizen 64 en Henning du Plooy 44 lopies. Met die bal het Henning du Plooy 5/26, Divan Postumus 2/16 en Sampie Oosthuizen 2/39 uitgeblink. Jeugland wen met 272 lopies.
Met die aanbreekvan die volgende wedstryd het Benoni High geen antwoord gehad wat op hulle wag nie.
Jeugland kolf eerste en behaal 387/7. Jurrie Snyman 220, Sampie Oosthuizen 65* en Reder van Rooyen was die kolf helde.
Benoni kon slegs 124/10 aanteken.
Sampie Oosthuizen 3/24, Michiel Mostert 3/13 en Henning du Plooy 2/33 was die uitblinkers met die boulwerk. Jeugland wen met
263 lopies.
Hugenote was een van die spanne wat nie so lank in die veld hoef te gebly het nie.
Hugenote kolf eerste en behaal 49/10. Jeugland steek die telling binne 10 beurte verby.
Jeugland wen met 10 paaltjies. Die uitblinkers vir die dag was Sampie Oosthuizen 3/5, Michiel Mostert 3/2 en
Reder van Rooyen 2/15 met die bal en Jurie Snyman 41* en Henning du Plooy 10* met die kolf.
Jeugland het die afgelope naweek rekords gebreek om 521/8 teen Hans Moore aan te teken.
Die vorrige telling was 450/10 wat deur die 2de span van Jeugland aangeteken is in dieselfde seisoen.
Jurrie Snyman was weereens die kolwer wat boulers seergemaak het. Hy slaan 262 lopies en was baie goed
ondersteun deur Reder van Rooyen 99 en Divan Postimus 71. Die boulwerk was gelei ook deur Jurrie wat 5/34,
Sampie Oosthuizen 3/5 en Michiel Mostert 3/2. Die Jeugies wen met 359 lopies.






