Hokkie
Jeugie Hokkie die Beste
Daar word jaarliks 12 spanne in verkeie ligas ingeskryf nl. Gauteng-Oos, Gauteng-Noord en die Nu-Power Tuks reeks. Die sport is nie net vir Jeugie-dogters bedoel nie. Met ‘n uitstekende 2007 seisoen is die Jeugie-seuns besig om hul stem dik te maak. Jeugland het 2007 oorheers en spog met vyf hokkie-spanne in die Noordvaal- reeks.
Hokkie organiseerder van Hoërskool Jeugland. Hy het sy SAHA vlak 2 afrigtings gradeuring. Hy is ook Nat 3 & Nat 4 skeidsregter in veld en Binneshuisehokkie onderskeidelik. Mnr. van der Merwe rig ook al 8 jaar provinsiaal hokkie af en is ook tans lid van die Senior bestuur van “Northens” hokkie.