Restaurant
Bouquet Garni is die naam van H/S Jeugland se restaurant
Dié restaurant is ‘n opleidingsrestaurant vir die leerders. Leerders word vir die industrie voorberei om as ‘n professionele kok, kelner of wynkelner op te tree.
Elke Donderdagmiddag werk ons in die opleidingskombuis en –restaurant. ‘n Driegangmaaltyd word vir 60 gaste beplan en voorberei. Geregte is keurig, geurig en ‘n lus vir die oog. Die restaurant beskik oor ‘n volledig toegeruste kroeg waar ‘n gas enigiets van ‘n vrugtesap tot 'n goeie bottel Cabernet Sauvignon kan bestel.