Jeug vir Jesus
Jesus Christus
Jesus Christus, alles en in almal! Dit is ons visie by Jeugland vir elke leerder en personeellid. Ons glo dat as die Here die huis nie bou nie, werk dié wat daaraan bou tevergeefs! Ons strewe daarna om leerders te ondersteun op geestelike gebied deur geleenthede te skep vir lofprysing, aanbidding en groei.
Elke Maandag en Vrydag loof ons,ons Konig deur sang tydens skoolopening. Ons eie orkes begelei ons met kitare en voorsang. Die hele skool kan nie wag vir hierdie lofsangperiode nie. Die volgende hoofpilaar waarop ons Jeug vir Jesus steun is gebed. Elke Maandag bid onderwysers saam vir ons skool en sake van belang vir ons leerders en onderwysers. Dinsdagoggende voor skool is daar ‘n gebedsgeleentheid vir leerders. Dinsdag pouse doen ons saam bybelstudie, sodat ons God beter kan leer ken.
Jeug vir Jesus reël spesiale eredienste rondom Wêreldbiddae, Paasfees, Hemelvaart, Gr 12-diens en Kersfees. Tydens hierdie geleentheid het ons dikwels lofdanse. Jeug vir Jesus deel bybelverse uit aan onderwysers om hulle te bemoedig. Ons het al staptogte in die Magaliesberge gedoen en beplan ‘n dogterskamp vir hierdie jaar.