Tuis > Kultuur > Span Redenaars en Debat

Span Redenaars en Debat

E-pos Afdruk PDF
Gebruiker Beoordeling: / 3
SlegsteBeste 

SPANREDENAARS: ATKV:  GAUTENG KOMPETISIE: 2009

Agt spanne het vanjaar aan hierdie kompetisie deelgeneem en pragtige prestasies is behaal.
Uit die agt spanne het twee spanne ‘n B+ simbool behaal, vier spanne ‘n A-simbool, een span ‘n A+ en een span ‘n A++.
Twee spanne was naaswenners in hul onderskeie grade en een Gr. 10 span was die graadwenners terwyl die senior Prestige span ook die wenners in die afdeling was.
Die leuse van die spanredenaars vir 2009  was “ In 2009 maak ons elke optrede ‘n sege!”.
Dit laat ons uitsien na 2010!

______________________________________________________________________________


Schalk Bezuidenhout van Jeugland het vanjaar skoonskip gemaak by die Landsfinaal van die ATKV se Redenaarskompetisie deur nie net as die beste taalgebruiker aangewys te word nie, maar ook as die beste seunspreker en ook algehele wenner vir die Hoërskool seniors (Gr. 10-12) afdeling. Daarmee saam het Schalk ook 'n beurs van R15,000-00 van die Universiteit van die Vrystaat gewen.

 

Waar - Wat - Wanneer

« < September 2010 > »
M T W T F S S
30 31 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 1 2 3

Belangrike Dokumente

Flitsgids

Algemene Inligting
Personeellys
Dissiplinêre Stelsel

Eksterne Skakels

Skakels

Kopiereg © 2010 Hoërskool Jeugland. Alle Regte Voorbehou.