Extravaganza
LIGHTS! CAMERA! ACTION!
Jeugland bied jaarliks ‘n skouspel aan wat met die bestes in die land vergelyk kan word. Die aand word gevul deur pragtige solosang, danse met komplekse choreografie en pragtige modelle wat om die kroon van Mej Jeugland meeding.
Voormalige mej Suid-Afrikas, sportsterre en bekende persoonlikhede vorm elke jaar die paneelbeoordelaars wat op die gala-aand die mooistes van Jeugland aankondig.
Tussen 80-100 leerders word jaarliks by hierdie produksie betrek. Maak nie saak of jy kan sing,dans,aankondig, tegnies versorg of net koffie maak nie, daar is vir almal plek. Veral as jy net wil loop en mooi lyk!
Die produksie word deur mev R Smit georganiseer. Choreografie word deur professionele persone hanteer. Verder werk ‘n groot span personeel saam om van hierdie ‘n trotse geleentheid op ons kalender te maak.
Jeugies het PIZZAZZ!!!