Tuis > Akademie > Wiskunde

Wiskunde

PDF
In  dié departement word daar gewoeker met ons talente. Hier is net ‘n paar belangrike gebeure en inligting.

WISKUNDE OLIMPIADE:
17 Maart 2010 het die eerste rondte van die Wiskunde olimpiade plaasgevind. Die volgende leerders het deurgedring na die 2de rondte wat op 18 Mei 2010 plaasvind.   
   
Neil du Toit
Brandon Payne
Josef Strydom

“WORLD MATHS DAY”:
“Uniting the world in numbers” 50 Jeugies het deelgeneem aan die dag van 3 Maart 2010. Ongeveer 204 lande het deelgeneem om hierdie kompetisie.
Baie geluk aan al die Jeugies wat sertifikate ontvang het! Ons maak volgende jaar weer so!

“SMART YOUNG MINDS COMPETITION”
6 Groepe van 5 leerders elk het ingeskryf vir hierdie kompetisie. Belangstelling in Wiskunde, Wetenskap en tegnologie is ‘n vereiste. Eerste kompetisie vind 14 Augustus 2010 by Laerskool Kempton Park plaas. Drie spanne dring deur na die provinsiale fase, wat in September plaasvind.
    1ste prys: R45 000
    2de prys: R30 000
    3de prys: R15 000

MAL OOR WISKUNDE? ALPHA WISKUNDE
Alpha Wiskunde (vroeër Addisionele Wiskunde genoem) is ‘n vak wat aangebied word aan leerders met ‘n besondere belangstelling in Wiskunde. Leerders wie daaraan dink om verder te studeer in ‘n studierigting soos Ingenieuswese, Statisktiek, Analise, Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap of Aktuariële- en handelsrigtings, moet dit ernstig oorweeg.

Addisionele Wiskunde is in 2007 vir die laaste keer deur die onderwysdepartement geëksamineer. Aangesien die vak waardevol as voorbereiding tot heelwat universiteitsvakke is, is besluit om wel met die vak voort te gaan. Die moderators betrokke by Addisionele Wiskunde (Mev Rika Grobler en Dr. Carel Kriek) het ‘n nuwe sillabus (soortgelyk aan Addisionele Wiskunde van 2007) uitgewerk onder die naam Alpha Wiskunde.

Hierdie syllabus dek die volgende dele: Calculus; Funksies en Trignometrie; Algebra en Matrikse.

Die vak word aangebied vanaf graad 10 vir drie jaar aaneenlopend. Leerders skryf aan die einde van graad 12 ‘n eksamen en ontvang ‘n sertifikaat met hul uitslag.

Die klasse word privaat aangebied deur mevv Nelita Coetzee, Louisa Delport en Fransie Steenekamp op Dinsdagaande (18h30 tot 20h00) by Hoërskool Jeugland. Klasfooie beloop R380 per kwartaal.

Inskrywings kan gedoen word by mev. Coetzer by 084 589 2345.

WISKUNDE VRAESTEL 3:
Wiskunde vraestel 3 is tans ‘n ekstra vraestel vir leerders wat goed in Wiskunde presteer en wat Ingenieurswese; IT; en Aktuariël op Universiteit wil gaan studeer. Dit behels Meetkunde, Statistiek en Waarskynlikheid. Dit bied ‘n goeie grondslag vir gevorderde Wiskunde op Universiteit.

Dit word buite skoolverband na ure aangebied deur Mev. Fransie Steenekamp.

Kontak die skool vir verdere inligting.


 

Waar - Wat - Wanneer

« < September 2010 > »
M T W T F S S
30 31 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 1 2 3

Belangrike Dokumente

Flitsgids

Algemene Inligting
Personeellys
Dissiplinêre Stelsel

Eksterne Skakels

Skakels

Kopiereg © 2010 Hoërskool Jeugland. Alle Regte Voorbehou.