Menslike - Sosiale Wetenskap
Die Sosiale Wetenskappe-leerarea bestudeer verhoudings tussen mense, asook mense en die omgewing.
Hierdie vehoudings verskil oor tyd en plek heen. Dit word ook deur die maatskaplike, politieke, ekonomiese en omgewingskonteks en deur mense se waardes, houdings en oortuigings beïnvloed.
Die begrippe, vaardighede en prosesse van geskiedenis en Aardrykskunde is kernelemente van die Sosiale Wetenskappe-leerarea in die skoolkurrikulum. Omgewingsopvoeding en menseregte-opvoeding vorm ‘n interale deel van hierdie leerarea.
In die Sosiale Wetenskappe-leerarea word leerders aangemoedig om vrae te stel oor die samelewing en omgewing waarin hulle lewe en om antwoorde vir die vrae te vind.
Hierdie leerarea dra by die ontwikkeling van inligting, kritiese en verantwoordelike burgers wat in staat is on opbouend aan ‘n kultureel diverse en veranderende samelewing deel te neem. Dit rus leerders ook om tot die ontwikkeling van ‘n regverdige en demokratiese samelewing by te dra.