 |
|
 |
Kuns en Kultuur
Kuns is “Cool” !!
Sonder dat jy bewus is daarvan, raak ‘n ontwerper elke dag die hele dag jou lewe aan!!.
Vandat jy wakker word, totdat jy gaan slaap, is alles om jou ontwerp. Jou bed, tandeborsel, selfoon, motor, skoolklere, skoolgebou, boeke, eetgerei, breekware, TV, rekenaar ens.
By Jeugland bied ons albei kunsvakke aan, Visuele Kuns en Ontwerpkuns.
Die afgelope twee jaar het ons die hoogste gemiddeld in Ontwerpkuns en Grafiesekuns in ons distrik behaal. In 2005 het Emarie Gouws die distriksprys vir Grafiesekuns gekry. In 2006 wen Michelle Swanepoel die Ontwerpkuns prys.
Visuele Kuns bestaan uit praktiese en teoretiese komponente. Leerders doen die volgende:
Skilderkuns
Beeldhoukuns
Grafiesedrukkuns
Ontwerpkuns
Dit bestaan uit praktiese en teoretiese komponente. In die praktiese komponent doen die leerders die volgende:
Kommunikasieontwerp
Produkontwerp
Oppervlakteontwerp
Omgewingsontwerp
In beide vakke het die leerders ‘n teoretiese komponent as ondersteuning vir die leerder se kennis.
Dit maak nie saak wat jou droom is om eendag as ‘n beroep te beoefen nie… doen dit tenminste met ‘n kreatiewe uitkyk op die lewe.
Hoof Kieslys
Maak Jou Merk
Ondersteuners