Tuis > Akademie > Akademie Inleiding

Akademie Inleiding

PDF
Jeugland rus elke Jeugie met ‘n akademiese voorsprong toe!Daar is verskeie
redes waarom ons so trots is op ons skool se akademie. Die wyse waarop Jeugies
hul merk maak na skool, graad-12 uitslae, departementele erkenning aan
personeel en Jeugies, prestasies van graad 8-11 leerders en ondersteuningsmeganismes
wat in plek is, is van die kenmerke wat ons akademie tops maak! Oud Jeugies word
jaarliks na akademiese dinees van universiteite genooi, waar hul as top presteerders
van fakulteite vereer word.  Talle Jeugies dien al ons gemeenskap en ons land in
beroepe waar hulle die toon aangee en kop en skouers uitstaan bo hul portuurgroep.
Ons skool lewer jaarliks toppresteerders in ons distrik op na die graad 12 eksamen
voltooi is.  Verlede jaar byvoorbeeld het ons skool die toppresteerder in ons distrik,
top presteerders in verskeie leerareas , ‘n 100% slaagsyfer, 254 vakonderskeidings en
‘n universiteitvrystelling van 54% opgelewer.  Jeugland word vir die 5de jaar in
‘n ry onder die top 3 skole in ons distrik geplaas.  Die Jeugiepersoneel staan ook nie
vir die leerders terug nie.  Hulle word jaarliks deur ons distrikkantoor vereer as beste
leerkragte in hul onderskeie leerareas.

Graad 8-11 leerders kom ook nie so maklik los nie!  Ons hou ‘n wakened oog op elke leerder
om te verseker dat hulle na die beste van hul vermoens presteer.  Ons leessentrum en
leerderondersteuningsspan is so effektief, dat diegene met leerprobleme die hupstoot
gegee word om sommer vinnig in pas te kom met die res en hul plek volwaardig vol te staan
in die skool se akademiese span.  Slegs 21 van meer as 1300 leerders het verlede jaar nie
die paal gehaal nie.  Ons mikpunt vir hierdie jaar is 100% slaagsyfer van graad 8-12!

Ons skool wys aan die einde van elke kwartaal die top 20 akademiese presteerders in elke
graad aan.  Hierdie ouens het al tydens skooltyd gaan fliek, Mcdonalds gaan eet en selfs
net by die skool se kafeteria gaan sit en eet (op die skool se rekening natuurlik) sommer
net omdat hulle so goed presteer.

Aan die begin van elke jaar hou ons skool ‘n akademiese meriete-aand.  Erekleure, kleure,
meriete sertifikate en vaktoekennings word hier gedoen.  Ons personeel trek hul onderskeie
universiteite se akademiese drag aan en dis sommer ‘n baie deftige geleentheid!!

Akademies is elke Jeugie vir ons ‘n wenner. Ons laat nie toe dat ‘n Jeugie by die skool
se hekke uitgaan aan die einde van die dag, as hy/sy nie die dag se werk behoorlik onder
die knie het nie!!!!
 

Waar - Wat - Wanneer

« < September 2010 > »
M T W T F S S
30 31 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 1 2 3

Belangrike Dokumente

Flitsgids

Algemene Inligting
Personeellys
Dissiplinêre Stelsel

Eksterne Skakels

Skakels

Kopiereg © 2010 Hoërskool Jeugland. Alle Regte Voorbehou.