Die Afrikaanse department is een van die grootste departemente in die skool.
Al die dames is goed gekwalifiseerd en almal is bevoeg om al die grade te onderrig.
Hierdie dames het ook die afgelope paar jaar etlike kursusse bygewoon, om deeglik
opgelei te word vir die nuwe kurrikulum. ‘n Bewys van hul bekwaamheid, is dat ons
vir die laaste twaalf jaar, nog nooit ‘n matrikulant gehad het wat Afrikaans aan die
einde van die jaar gedruip het nie. Verder is hierdie dames is ook bekwaam genoeg,
om leerders wat leesprobleme ervaar, te identifiseer. Ter ondersteuning , het ons
‘n leessentrum wat goed toegerus is. Hierdie leessentrum word deur personeel beman
wat deeglik opgelei is.
Ons suksesse word ook toegeskryf aan die entoesiasme van die personeel in die Afrikaanse
departement. In 2007 ontvang hierdie departement ook die distriktoekenning vir die
beste prestasie in Afrikaans. Ons leuse is: Praat Afrikaans of hou jou mond!




